Ons bied die volgende  Onbeperkte gratis opleidingskursusse:

Waar en wanneer?

1. Foundational GoodX Software Practice Management Training:

Diary & Medical Debtors training: every Tuesday and Thursday from 9h00 to 16h00

Medical Debtors training: every Wednesday from 9h00 to 16h00

Telefooneer   010 286 0802 vir 'n bespreking.

Wie kan deelneem?

Hierdie gratis opleiding is beskikbaar vir:

  • Al ons nuwe sagteware en skakel kliënte
  • Nuwe personeel van bestaande kliënte
  • Bestaande kliënte wat 'n verfrissingskursus nodig hetof oor spesifieke kwessies
  • Kliënte wat opgradeer na GoodX weergawe 7.6

Waar?

Opleiding is by die GoodX Hoofkantoor Opleidingsentrum in Pretoria

(Vir opleiding by die Kaapstad kantoor, skakel assblief 010 286 0802.)

Besprekings:

Bespreek u plek asseblief twee dae vooruit. Daar is tien plekke beskikbaar per sessie.

Middagete:

Daar  is toebroodjies vir middagete. As u 'n spesiale dieet benodig, of besondere voorkeure het, vra ons dat u asseblief self voorsiening maak.

Voordele van 'n opleidingsentrum:

Ons opleidingsentrum is ten volle toegerus om u te laat oefen wat u leer met fiktiewe data. Dit maak die leerproses uiters effektief.

As u wil fokus op spesifieke aspekte, dan vra ons dat u dit noem wanneer u die bespreking maak.

Let op:

Die volgnde opleiding is  NIE GRATIS NIE:

  • GoodX boekhouding opleiding (kasboeke, bank rekonsiliasies, ens)
  • Voorraadbestuur opleiding (voorraad-aankope, -opnames, -verstellings, -verslae)
  • Krediteuropleiding
  • Gevorderde Kredietbeheer opstelling en opleiding

As u hierdie gespesialiseerde opleiding benodig, dan versoek ons vriendelik dat u 'n e-pos suur aan  help@goodx.co.za, sodat ons 'n kwotasie kan stuur vir die opleiding.