GoodX - About Us

Oor die laaste 25 jaar het GoodX een van die markleiers geword in die ontwikkeling van doelgemaakte mediese- en praktyk-bestuurs sagteware in die Suid-Afrikaanse mark. Dr Dirkie Wolvaardt het GoodX gestig in 1985, en jarelange ervaring, deurlopende navorsing en ontwikkeling het gelei tot 'n produk wat gebruik en vertrou word deur mediese praktisyns en -bestuurders dwarsdeur Suid-Afrika.

TDie stel GoodX mediese administrasie en boekhouding sagteware is ontwikkel deur 'n maatskappy met personeel wat medies praktyk finansiele administrasie en bestuur ken en verstaan. Ons roem ons daarop dat ons baie ervaring hetop die gebied van mediese en finansiele en ontwikkeling. Hierdie kombinasie het ons in staat gestel om 'n produk te lewer wat maklik is om te gebruik, veilig is, en wat geintegreer is. Dit stel die mediese praktisyn in staat om te konsentreer op sy spesialiteitsgebied, terwyl ons sagteware sorg vir die administratiewe werkvloei in die kantoor.

Wat maak ons anders?

By GoodX Sagteware verstaan ons dat geen twee sake eenders is nie, en as dit by boekhou sagteware kom, dan pas een produk definitief nie orals nie.  Ons spesialiseer daarin om wêreldklas oplossings te skep wat doelgemaak is om die spesifieke behoeftes van ons kliënte te bevredig.

Ons benadering is eenvoudig:

  • Ons konsulteer met die klient om sy spesifieke besigheidsomstandighede beter te verstaan.
  • Met die GoodX finansiële enjin as grondslag, ontwerp en pas ons 'n oplossing aan om sy spesifieke en unieke behoefte te bevredig.
  • Die program word ontwikkel en deeglik getoets om seker te maak die oplossing werk optimaal.
  • Nadat dit getoets is, word die oplossing in werking gestel. Die implementeringsfase sluit in die installering van die sagteware en opleiding van die personeel om die oplossing ten volle te benut.
  • Die laaste fase sluit in die oplossing-bestuur en onderhoud fase. Gedurende hierdie fase bied ons omvattende produk opdaterings om seker te maak die oplossing raak nie verouder nie.