Oor die laaste 25 jaar het GoodX 'n markleier in Suid-Afrika geword in die ontwikkeling van pasgemaakte mediese en praktykbestuur sagteware. Dr Dirkie Wolvaardt het GoodX in 1985 gestig en jare se ervaring, volgehoue navorsing en gereelde sagteware ontwikkeling het uitgeloop op 'n sagteware pakket wat gebruik en vertrou word deur mediese gesondheids- en verwante dissiplines regoor Suider-Afrika.